5 in Oos-Kaap sterf weens staking
2010-08-27 04:03
Oos-Kaap - 'n Psigiatriese pasiënt is Woensdag weens 'n tekort aan mediese sorg dood, het die provinsiale gesondheidsdepartement in die Oos-Kaap gesê.
Dít bring die dodetal in dié provinsie na vyf.
Sizwe Kupelo, 'n woordvoerder, het gesê drie babas en twee volwassenes is sover weens 'n tekort aan mediese sorg wat deur die staatsdiensstaking veroorsaak is, dood.
Die mees onlangse voorval is 'n volwasse wat weens 'n onbehandelde wond by die Komani psigiatriese hospitaal in Queenstown dood is.
Kupelo het gesê dié hospitaal word nie deur die weermag bygestaan nie.
Die SA Medical Health Service (SAMHS) het Donderdag gesê hy is na 49 hospitale in agt provinsies ontplooi.
Daar is 11 beamptes by hospitale in Gauteng en Mpumalanga.
Beamptes is na vyf hospitale in die Noordwes, vyf in KwaZulu-Natal, drie in die Oos-Kaap, ses in Limpopo, ses in die Vrystaat en twee hospitale in die Noord-Kaap ontplooi.
- SAPA