5 Skuldig aan Lindley-plaasmoord
2011-06-15 19:14
Bloemfontein – Twee plaaswerkers en drie van hul vriende is
skuldig bevind aan die moord op Attie Potgieter op sy plaas in die Vrystaat.
Een van die werkers, Paulus Khumalo (23), en
drie van die mans is ook skuldig bevind aan die moord op Potgieter se vrou,
Wilna.
Die plaaswerkers se drie vriende, Tshekolo
Letlala (19), Telleko Seekoei (20), en
Diphapang Motaung (18), is skuldig bevind aan die moord op die Potgieters se
2-jarige dogtertjie, Wilmien.
Regter George Wright het gesê al vyf die mans
is skuldig aan roof met verswarende omstandighede.
Slegs Klaas Mofekeng (34) was die enigste
beskuldigde wat nie aan die moorde gekoppel was nie, maar wat wel skuldig
bevind is aan roof met verswarende omstandighede omdat hy ná die tyd, die buit
met hulle gedeel het.
Mataung was ‘n minderjarige toe die misdaad
gepleeg is.
Die saak is tot die 25ste Julie uitgestel,
wanneer die regter hul vonnis sal uitlees.
Volg Nuus24 op Twitter.