4700 mense al by De Beers afgedank
2009-07-24 10:54
Johannesburg – Die diamantreus De Beers het sover sy wêreldwye werkersmag met 4700 poste gesny.
Dié poste is sowat 23% van die maatskappy se werkersmag, het Gareth Penny, besturende direkteur van De Beers, Vrydag gesê.
“Die poste wat gesny is sluit kontrakwerkers in. Die meerderheid van die poste wat gesny is, is permanent.”
De Beers het in Januarie bevestig dat hulle in gesprek is met vakbonde om dié afdankiings by sy ses Suid-Afrikaanse-takke te bespreek.
Sowat 3500 Suid-Afrikaners is werknemers van die maatskappy.
Gerugte het die rondte gedoen dat dié maatskappy sowat 1415 poste in Suid-Afrika gaan sny.
I-Net Bridge