43 in Jhb vasgetrek
2009-10-02 18:33
Johannesburg - Sowat 43 verdagtes is tussen Donderdag en Vrydagoggend in Johannesburgse woonbuurte in hegtenis geneem.
Kapt. Bhekizizwe Mavundla het gesê mense is in Hillbrow, Braamfontein, Parktown, Killarney, Houghton, Berea en
Joubert Park vasgetrek in ‘n poging om misdaad te bekamp.
Hulle is sedertien aangekla van aanranding, vandalisme, die besit van gevaarlike wapens, en roof.
Die verdagtes het Vrydag in Johannesburg se landdroshof verskyn.
Sommige misdadigers sal vir die volgende sewe dae in aanhouding bly tot hulle aansoek vir borgtog kan doen. Ander is met ‘n boete vrygelaat.
- Sapa