40% van mense wat dronkbestuur is vroue
2010-12-23 18:38
Johannesburg - Sowat 1 500 motoriste is sedert die begin van die feestyd vasgetrek vir dronkbestuur, het die departement van vervoer Donderdag gesê.
"Tussen 1 Desember en 21 Desember is 1,1 miljoen motors en bestuurders ondersoek, en 1 500 mense is in hegtenis geneem vir dronkbestuur. Hiervan is 40% vroue," aldus Logan Maistry, departementele woordvoerder.
Sedert 1 Oktober is meer as 1,5 miljoen kaartjies ook uitgeskryf.
Omenby 'n derde van daardie boetes is aan mense wat sonder hul lisensies bestuur, opgelê
Meer as 860 mense is sedert die begin van die feesseisoen op Suid-Afrika se paaie oorlede.
- Sapa