‘4 mans verwoes my gesin in ’n sekonde'

2010-02-08 06:15
Tweets Share Share line Print

Dr. Duncan Prinsloo (regs) en mnr. Herman de Jager bring hulde aan hul familielede wat in twee plaasaanvalle vermoor is. Foto: lisa hnatowicz

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg -“’n Wonderlike gesin is in een sekonde verwoes toe vier mans in ons kamer ingebars en sonder om ’n woord te sê, my vrou langs my doodgeskiet het.”

Só het ’n emosionele dr. Duncan Prinsloo Saterdag by Fort Schanskop in Pretoria tydens ’n gedenkdiens vir slagoffers van plaasaanvalle vertel van die nag toe hy en sy vrou deel van Suid-Afrika se misdaadstatistieke geword het.

Rowers het hulle op hul plaas by Vaalbank buite Bronkhorstspruit aangeval.

Dieselfde koeël wat sy vrou, Laetitia (54), se dood veroorsaak het, het Prinsloo (62) in die rug getref en hom verlam gelaat.

Laetitia Prinsloo is een van sowat 2 000 mense wat sedert 1994 in plaasaanvalle dood is.

“Ek loof God dat ek vandag voor julle kan staan, al is dit wankelrig,” het Prinsloo, wat sukkel-sukkel met ’n kierie oor die weg kom, gesê.

“As dit nie was vir die genade van die Here wat jou moed gee om voort te gaan nie, sou ’n mens maklik ná só ’n voorval gaan lê.”

Volgens Prinsloo strek die implikasies van wat met hom en sy gesin gebeur het veel verder as dat hy sukkel om te loop.

Benewens die emosionele skade wat sy jongste dogter opgedoen het toe sy dié nag haar ma dood in haar bed en haar pa verlam op die vloer gekry het, is hy ook nie meer die hardwerkende, gesonde veearts met ’n praktyk wat veral boere bedien het nie.

Sowat 45 mense wat op sy plaas woon en in sy praktyk werk, word ook deur moontlike werkloosheid in die gesig gestaar omdat hy nie meer sy werk ten volle kan doen nie.

Prinsloo beoog om sy plaas te verkoop omdat hy dit nie meer kan behartig nie.

Verder leef Prinsloo in sy huis op die plaas wat hy wil verkoop soos ’n gevangene omdat dit soos ’n tronk lyk.

“As jy in die nag buite toe gaan, is die vrees in jou. Jy kan nie deur slaap nie, want as jy ’n geluid hoor, is jy wakker.”

Prinsloo het gesê as hy ooit weer ’n onbekende man in sy huis kry wat hom bedreig, sal hy skiet. “Daar word van my verwag om daardie tyd van die oggend vir ’n inbreker te vra wat hy in my huis soek.

“Die antwoord wat ek sal kry, is hoogs waarskynlik ’n koeël,” het Prinsloo gesê.

Herman de Jager, wie se pa, Piet (65), in September 2003 op sy plaas Laatsgevonden in Levubu doodgeskiet is, het by dieselfde geleentheid gesê hy hoop dat hy eendag die mans wat sy pa vermoor het, kan vergewe sodat hy ook vergewe kan word vir die haat wat hy in hom dra.

–Beeld


- Beeld

Lees meer oor: moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

SeeVeeDeeEl sê... Hulle wil maar net "upgrade", maar onthou net, as 'n wit meisie belangstel, dan "downgrade" sy, soos in vir altyd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.