3de party glo rede dat Joost, Amor kan skei

2010-08-07 08:01
Tweets Share Share line Print

Beeld

“’n Derde party” speel blykbaar ’n rol in die mislukking van pogings om Joost van der Westhuizen en Amor Vittone se huwelik te red, is gister aan Beeld bevestig.

Die moontlikheid “is baie sterk” dat die oud-Bok en die sangeres se egskeiding in ’n openbare geveg in die howe gaan eindig, is gesê.

Midde-in die waarskynlike gevegte staan “nie geld nie, maar die egpaar se twee kinders, Jordan (6) en Kylie (4)”.

Albei se regsverteenwoordigers – mnr. Robert Klinkenberg vir Van der Westhuizen en mnr. Claudio Bollo vir Vittone – het gister gesê al die moontlike word met samesprekings agter toe deure gedoen om te keer dat die egskeiding “ontaard in vuil wasgoed wat in die openbare howe uitgehang word,” soos Bollo dit gestel het.

Klinkenberg het gesê: “Ons probeer om die saak te skik sodat niemand in die proses seerkry nie, veral nie die kinders nie.”

Volgens Bollo wentel Vittone se hele lewe om haar twee kinders. “Dit is al wat ek in hierdie stadium kan sê.”

Van der Westhuizen het eergisteraand gesê hy is “ontsettend lief” vir sy kinders en wil net die beste vir hulle hê.

Klinkenberg, wat deur twee advokate bygestaan word, wou nie uitwei oor die kinders nie. “Ek kan wel bevestig die moontlikheid bestaan beslis dat dit ’n bestrede egskeiding gaan wees.”

Vittone het gistermiddag gesê sy wil nie self oor die egskeiding praat nie. “Praat asseblief maar met mnr. Bollo,” het sy ge-SMS.

Volgens Bollo is hy en Van der Westhuizen se regspan sedert verlede week in samesprekings gewikkel oor die eise wat die egpaar met die oog op die egskeiding oor en weer stel.

“Ons het al begin onderhandel nog voordat Joost eergister die egskeidingsdagvaarding aan Amor laat bestel het.

“Ek dink albei partye wil baie graag ’n onsmaaklike en uitgerekte egskeiding in die howe keer. As geen ooreenkoms egter bereik kan word nie, is dit onvermydelik.”

Gerugte het gister die ronde begin doen dat “’n derde party” betrokke is by die besluit om voort te gaan met die egskeiding.

By navraag het ’n goeie kennis van die egpaar wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, gesê ’n derde party is wel betrokke. Hy wou nie dié persoon se naam bekend maak of sê of dié by Van der Westhuizen of Vittone betrokke is nie.

“Joost dagvaar Amor. Maak jou eie afleidings,” was al wat die persoon wou sê.

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Presies, kon dit nie beter gestel het nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.