365 000 mense vir MIV in Noord-Wes getoets
2010-09-12 17:06
Johannesburg - Meer as 365 000 mense is in Noordwes vir MIV getoets sedert
die MIV-berading en -toetsingveldtog afgeskop het.
"Die provinsie wil een miljoen mense toets teen die
einde van die veldtog volgende Junie," het Tebogo Lekgethwane,
woordvoerder van die provinsiale Gesondheidsdepartement gesê.
Die veldtog gaan volgens hom verskerp word met meer
intensiewe bewusmakingsveldtogte by taxi-staanplekke, winkelsentrums en hoër
onderwysinstellings.
Alle openbare fasiliteite in die provinsie het MIV-toetsing
aangebied.
- SAPA