35 beseer in taxi-ongelukke in Vrystaat
2012-01-08 20:39
Johannesburg – Vyf-en-dertig mense is in twee aparte taxi-ongelukke in die Vrystaat beseer, het paramedici Sondag gesê.
Die eerste ongeluk het in Lintel plaasgevind toe ‘n taxi in ‘n sportnutsvoertuig vasgery het, het Andre Visser van ER24 gesê.
“Altesaam 15 mense het verskeie beserings opgedoen, insluitende skrape en snye en gebreekte bene,” het hy gesê.
Die beseerdes is op die toneel behandel en na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit geneem vir verdere behandeling.
Kort voor 12 het die paramedici ‘n oproep ontvang van nog ‘n taxi-ongeluk ‘n paar kilometer uit Senekal, het hy gesê.
“’n Taxi het in ‘n motor vasgery, waarna dit van die pad af is en in ‘n veld omgeslaan het.
“Twintig mense het beserings opgedoen wat wissel tussen rug- en nekbeserings en snye en skrape.”
Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongelukke.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA