33 skoolkinders in bus-ongeluk beseer
2011-10-28 21:02
Johannesburg – Paramedici in Gauteng sê 33 skoolkinders is
beseer toe drie voertuie in Benoni aan die Oosrand in ‘n ongeluk betrokke was.
Volgens Andre Visser, ‘n woordvoerder vir ER,
het ‘n bus wat die kinders vervoer het agter in ‘n vragmotor vasgery.
Die vragmotor het op sy beurt agter in ‘n
stilstaande motor vasgery.
Twee van die skoliere is ernstig beseer, een
met ‘n gebreekte been terwyl die ander se skouer ernstig seergekry het.
Die skoliere is na verskeie hospitale en
klinieke vir behandeling geneem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA