32 beseer in Pta-busongeluk
2011-10-06 13:39
Pretoria – Twee en dertig mense is beseer nadat 'n bus Donderdag op die N4 in Pretoria omgeslaan het, het paramedici in Gauteng gesê.
Die bestuurder het beheer oor die bus verloor en teen 'n boom gebots, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Vyf van die 32 mense is ernstig beseer.
Al die beseerdes is na die Tshwane-distrikhospitaal, Steve Biko Akademiese Hospitaal en die Mamelodi-daghospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA