319 pasiënte na privaat hospitale oorgeplaas
2010-08-24 19:02
Pietermaritzburg – Die KwaZulu-Natal se departement van gesondheid het 319 pasiënte na privaat hospitale oorgeplaas nadat geen sorg aan hulle gegee is nie as gevolg vas die stakende staatsdienswerkers, het die provinsie se premier Dinsdag gesê.
Die groter Durban-omgewing is die meste geraak, met 300 pasiënte wat van publieke hospitale na privaat instansies oorgeplaas is teen ‘n beraamde koste van R1 miljoen, het dr. Zweli Mkhize in Pietermaritzburg gesê.
Daar was ‘n hoë vlak van intimidasie van nie-stakende werkers by al die hospitale in die groter Durban-omgewing, behalwe vir die RK Khan hospitaal in Chatsworth.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA