30 vas ná moord op vermeende rower
2011-08-10 11:24
Oos-Kaap – Dertig mense is in hegtenis geneem nadat hulle glo 'n man wat hulle van sakeroof beskuldig, in Bityi, sowat 5 km buite Mthatha in die Oos-Kaap, vermoor het, het die polisie Woensdag gesê.
Lt. kol. Mzukisi Fatyela het gesê die 35-jarige man is Dinsdag aangerand en vermoor.
Volgens mense in die gemeenskap het die vermoorde man 'n spazawinkel in die gebied beroof.
"Ons het veldtogte in die gebiede geloods waar die gemeenskap wet in eie hande neem," het Fatyela gesê.
Die verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Mthatha-landdroshof verskyn.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA