30 Skoolkinders beseer in botsing
2012-01-30 13:05
Johannesburg – Dertig laerskoolkinders, waaronder een ernstig, is beseer toe die twee taxi’s waarin hulle gery het Maandagoggend in Nasrec gebots het, het nooddienswerkers in Johannesburg gesê.
Die taxi’s het omstreeks 07:00 in Beyers Naude-rylaan gebots, het woordvoerder Robert Mulaudzi gesê.
Volgens Mulaudzi het een van die taxi’s agter in die ander een vasgery.
Die bestuurders is nie beseer nie, maar die 30 kinders is na die Koos Beukes- en Lesedi-klinieke in Diepkloof geneem.
Een van die seuns, wie se ouderdom nie bekend was nie, is in ‘n kritieke toestand, het Mulaudzi gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA