3 wat glo stroop, ontsnap

2011-03-25 09:11
Tweets Share Share line Print

Nelspruit - Drie vermeende renosterstropers het verlede naweek uit die polisieselle in Badplaas, Mpumalanga, ontsnap en is steeds soek.

Die drie verdagtes, wat as uiters gevaarlik beskou word, is in Augustus verlede jaar naby Badplaas in hegtenis geneem toe hulle glo op pad was om ’n renoster in die Songimvelo-reservaat van die Mpumalanga-toerisme-en-parke-agentskap (MTPA) naby
Barberton te gaan stroop.

Die polisie het egter berig ontvang oor die beplande slagting.

Hulle het die drie voorgekeer en skietlampe, kapmesse, asook verskeie AK47- en .303-geweerpatrone in hul voertuig gevind. Die verdagtes het later ’n AK47- en .303-geweer wat by ’n begraafplaas naby ’n huis in ’n private wildtuin buite Badplaas versteek was aan die polisie uitgewys.

Die drie verdagtes is blykbaar bekende stropers en word glo selfs met renosterstropery in so ver as KwaZulu-Natal verbind.
Die verdagtes is ook verbind met die ernstige aanranding van een van hul eie beweerde sindikaatlede omdat hulle vermoed het hy is ’n polisie-informant.

Die drie verdagtes het sedert Augustus reeds sewe keer in die hof verskyn. Die verrigtinge is telkens uitgestel. Hulle sou komende Maandag weer in die hof in Carolina verskyn.

Vrydagnag het die verdagtes stawe van die tronkselhek afgesaag en daarna ’n gat deur die traliedak van die oefenhok voor die selle van die polisiekantoor in Badplaas gesaag.

Hulle het daarna oor die polisiekantoor se muur geklim en by die hek uitgeloop.

Toe die polisie die selle omstreeks 22:30 besoek, het hulle die ontsnapping ontdek.

Drie ander verdagtes wat weens onverwante misdade in dieselfde sel aangehou is, het nie ontsnap nie.

Die polisie in Badplaas het gesê die verdagtes is uiters gevaarlik en waarskynlik gewapen.

  • Enige inligting kan aan ao. M.J. Zulu, ondersoekbeampte, by 0 017 844 1101 gegee word.

Lucky Maseko


Mdu Sfiso Mathebula


Joseph Sifunda 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Wessel sê... Presies, kon dit nie beter gestel het nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.