3 tieners tydens ongeluk beseer
2010-08-31 16:35
Johannesburg – Drie tieners is ernstig beseer toe ‘n taxi en ‘n ander voertuig in Dinsdagoggend in Tembisa gebots het.
Volgens polisie het die bestuurder van ‘n Toyota Venture, wat agt skoolkinders vervoer het, en ‘n Toyota Tazz gebots nadat die Venture se remme glo ingegee het.
Insp. Mveli Nhlapo sê die ongeluk het om 06:40 Dinsdagoggend plaasgevind.
Die drie insittendes van die Tazz het ligte beserings opgedoen.
Drie tieners van 14-, 15-, en 17-jarige ouderdom is na die Tembisa-hospitaal geneem. Hulle is leerders van die Hoërskool Rhodesfield in Kemptonpark.
Die 22-jarige bestuurder van die Venture is ook na die hospitaal geneem vir behandeling.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA