3 taxi’s bots met vragmotor
2009-09-05 12:36
Johannesburg - Vyf mense is dood en 24 ander is beseer tydens ‘n ‘n ongeluk tussen ‘n drie taxi’s en ‘n vragmotor op die R294 tussen Steynsburg en Venterstand in die Oos-Kaap.
"Die ongeluk het vroegoggend plaas gevind en grootskaalse verkeer op die pad veroorsaak”, het Tshepo Matshaya, ‘n woordvoerder vir die verkeersdepartement, gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die beseerdes is almal na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.
- Sapa