3 soldate van SA in DRK verkla ná dronkmoles

2010-08-24 10:00
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Drie Suid-Afrikaanse soldate, onder andere ’n senior offisier, gaan weens verskeie oortredings van die militêre gedragskode in Kinshasa aangekla word.

Die drie is deel van Suid-Afrika se vredesmagte in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK).

Die senior offisier, wat van die Hoedspruit-lugmagbasis kom, het ’n gesagsposisie by die Suid-Afrikaners se hoofbasis in Kinshasa.

Die klagte spruit uit ’n voorval onlangs toe hy en twee onderoffisiere glo een Saterdagoggend omstreeks 03:15 smoordronk van ’n casino na die basis teruggekeer het.

’n Aandklokreël wat van 18:00 geld, word streng toegepas.

Die veiligheidspersoneel van die Verenigde Nasies (VN) wou die luidrugtige drie aanvanklik glad nie tot die basis toelaat nie.

Hulle het die senior offisier vanweë sy hoë pos laat deurgaan, maar toe raak die drie slaags met die Militêre Polisie (MP’s) wat die Suid-Afrikaanse deel van die kamp bewaak.

Die offisier het die MP’s glo geskel en blitsvinnig hoër gesag in Pretoria gebel om die situasie te probeer ontlont.

Die MP’s het voortgegaan en die nodige verklarings vir ’n saak teen die drie afgeneem.

Dit is glo ook nie die eerste keer dat hulle die reëls verbreek terwyl die res van die kamp streng daarby moet hou nie.

Volgens ingeligtes is verskeie junior soldate in die verlede onmiddellik weens mindere klagte gerepatrieer, maar dié drie is ’n paar weke later steeds in die DRK.

Die MP’s word glo ook gedreig dat hulle na ’n afgeleë basis verplaas sal word as hulle die saak teen die drie probeer deurvoer.

Die offisier het volgens ondergeskiktes glo ’n ernstige dobbelprobleem en verwag gereeld van sy juniors om hom geld te leen om te gaan dobbel.

Siphiwe Dlamini, kommunikasiehoof van die departement van verdediging, het by navraag bevestig dat die drie vir oortredings van die gedragskode vervolg gaan word.

“Die militêre regsproses sal nou sy loop neem totdat die ondersoeke teen die drie afgehandel is.

Die besluit om iemand te repatrieer of nie is ’n bevelsbesluit (van hoër gesag) in oorleg met die VN.

In dié drie se geval sal repatriasie oorweeg word as ons al die feite van die voorval bekom het,” het hy gesê.
 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: weermag

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Ek ook Tommy dan verstaan ek nie die soort van ongelukke nie. Karma was nie op die bus nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.