3 leerlinge verkrag meisie by skool

2010-11-06 07:27
Tweets Share Share line Print

Die meisie wat na bewering deur drie seuns verkrag is nadat hulle haar bedwelm het. Foto: Denvor de Wee

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Drie seuns het ’n 15-jarige meisie van Soweto na bewering om die beurt op die sportterrein van ’n Johannesburgse skool verkrag terwyl ander kinders selfoonfoto’s en -video’s daarvan geneem het.

Daarna het van die onderwysers die video-opname gesien en in ’n kring gestaan en gelag, het die slagoffer se ouer suster vertel.

Volgens haar het van hulle en sommige leerlinge gesê die slagoffer, ’n gr. 8-meisie, verdien dit omdat sy dronk was.

Die voorval het eergister omstreeks 11:00 by die Jules High School in Jeppestown gebeur.

Twee van die vermeende verkragters is in gr. 10 in die skool, terwyl die derde in ’n ander skool is. Teen gister is hulle nog nie in hegtenis geneem nie omdat die ondersoek nog aan die gang is, het ao. Richard Munyai, polisiewoordvoerder, gesê. Hy het die voorval bevestig.

Die meisie se vriendin (ook 15) het gesê hul ontbering het begin toe hulle geld vir koeldrank by van hul klasmaats wou hê.

“Ons het R13 gehad, maar het nog geld nodig gehad en het by van ons klasmaats gevra om by te sit.

“Een van hulle het R100 uitgehaal en aan iemand gegee om koeldrank te gaan koop. Hulle het later met ’n 2 liter-Sprite teruggekom.”

Volgens die vriendin het ’n hele groep saam uit die bottel gedrink.

Sy en haar vriendin het die meeste gedrink. Hulle het begin duiselig voel en onder ’n boom op die sportterrein gaan slaap. Later het leerlinge haar wakker gemaak en gesê haar vriendin is in die moeilikheid.

“Toe ek haar probeer help, het hulle my rondgestoot en begin slaan. Hulle het gesê: ‘Los haar, dis haar lewe.’ ”

Die slagoffer het gesê sy kan nie veel onthou van wat gebeur het nie omdat sy deurmekaar was en tydens die voorval haar bewussyn verloor het.

“Een van die seuns het gesê: ‘Asseblief, wees bo, want ek is nou moeg.’ Ek het gedink ek droom.

“Hy het my toe bo-op hom gesit. ’n Ander seun het my gedruk en op die grond neergegooi.”

Die meisies se gesinslede het gesê hulle is kwaad vir die skoolhoof weens sy gebrek aan steun.

“Hy het gesê hy wil nie betrokke wees nie en het basies net homself en die skool beskerm. Hy was aan daai seuns se kant,” het die pa van die vriendin gesê.

Volgens hom het die skool nie eens vir die meisies berading aangebied nie.

Volgens die meisies het die skoolhoof hulle van die skool weggejaag en gesê hulle moet polisie toe gaan.

Die gesinne vrees egter vir die meisie se veiligheid omdat die seuns steeds by die skool is.

Die meisies moes gister Engels-eksamen geskryf het, maar was nie skool toe nie.

Charles Phahlane, Gautengse onderwyswoordvoerder, het gesê die skool het die voorval onmiddellik aangemeld, berig Alet Rademeyer.

Die departement is in die proses om sielkundige hulp en berading vir die leerling en haar gesin te reël.

Phahlane het gesê die ouers van die vermeende oortreders is na die skool ontbied en tugprosedures sal volg.

Volgens Phahlane beskou die departement die voorval in ’n uiters ernstige lig en ernstige optrede staar die seuns in die gesig as hulle skuldig bevind word.

G. van Vuuren, skoolhoof, wou nie gister kommentaar lewer nie.

- Beeld

Lees meer oor: verkragtings  |  skole

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gotterdammerung sê... Weet julle wat skok my die meeste van die storie? Die feit dat dit my nie skok nie. Ons is al so immuun teen sulke stories in die land dat dit geen effek meer op ons het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-19°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-23°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 4-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 15-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior Service Account Manager (CRM development experience)

Cape Town, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

EXCEL ANALYST

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Customer Engineer

Somerset West, Cape Town, South Africa
CEB Maintenance Africa (Pty) Ltd
R6000 - R9000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Megane II Hatch Shake It! 1.6 5-dr
2007
R 137,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Jetta 5 2.0 TFSi Sportline DSG
2006
R 229,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.