3 ernstig beseer tydens Benoni- ongeluk
2010-08-11 02:05
Johannesburg – Drie mense, waarvan een ‘n tweejarige kind is, is ernstig beseer tydens ‘n ongeluk in Benoni.
Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, is die oorsaak van die ongeluk nog nie bekend nie.
“Toe paramedici op die toneel opgedaag het, het die wrak ‘n gedeelte van die pad blokkeer. Die insittendes van die bakkie was steeds in die voertuig,” het Botha gesê.
Die drie mense het almal ernstige beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.