3 brand dood in ongeluk
2009-12-04 22:45
Grahamstad- Drie mense het dood gebrand toe die minibus-taxi waarin hulle onderweg was, teen ‘n motor op die N2 in Grahamstad gebots het, het polisie in die Oos-Kaap gesê.
Insp. Serolene Williams het gesê ‘n Quantum-taxi het teen ‘n Ford-sedan gebots en in vlamme uitgebars.
“Drie mense in die Quantum, twee mans en ‘n vrou, het dood gebrand en nóg 10 passasiers is beseer. Die vroulike bestuurder van die Ford-sedan is ernstig beseer,” het Williams gesê.
Die polisie ondersoek tans die oorsaak van die ongeluk.
- Sapa