2de vermiste Pretorianer gevind

2011-07-28 11:11
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – ‘n Moderator van ‘n NG Kerk se seun wat onlangs in Pretoria verdwyn het, is weer gevind.

Dié inligting is Donderdagoggend op Missing Children SA se Facebook-blad en @CrimeLine32211 op Twitter bekendgemaak.

Gerrie van Rensburg (29) was die tweede jong man wat onlangs in die stad verdwyn het.

Sy verdwyning kom nadat ‘n Tuks-student, Duncan Allan (20), sedert verlede Maandag vermis is.

Beeld berig 'n "getraumatiseerde" Van Rensburg is Donderdagoggend vasgebind in sy motor in Watloo gevind.

Ds. Jacie van Rensburg, sy pa, het Woensdag aan Beeld gesê hy en sy seun het Dinsdagoggend van Potchefstroom na Pretoria gery.

Van Rensburg jr. het sy pa teen 10:45 by die NG Kerk se algemene sinodale kantoor op die hoek van Pretorius- en Duncanstraat afgelaai vir ’n vergadering.

Van Rensburg jr. werk as lewensafrigter en sou mense in Elarduspark gaan spreek, maar dié afspraak is gekanselleer, het die koerant berig.

Van Rensburg jr. sou sy pa teen 13:00 oplaai, maar het ’n SMS gestuur om te sê hy word opgehou weens ’n ongeluk op die pad.

Teen 13:30 het hy per SMS laat weet dat hy nog sowat 15 minute ver is. Toe hy teen 14:00 nog nie daar was nie, het sy pa gebel, maar sy selfoon was af.

Daarna het niemand van hom gehoor nie. Hy is egter Donderdag weer gevind.

Volgens Missing Children SA mag die organisasie nog nie enige inligting oor Van Rensburg jr. se saak bekendmaak nie.

Hul Facebook-blad sê hy is by die huis.

“Hy is bietjie getraumatiseer, maar hy is veilig met sy familie.”

Crime Line het getweet dat Allan nog vermis is.

Mense met inligting oor ­Allan kan ao. Denny Phatshwane, ondersoekbeampte, bel by 082 319 9647.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Nuus24

Lees meer oor: vermiste mense

Lewer kommentaar op hierdie artikel
64 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Ek ook Tommy dan verstaan ek nie die soort van ongelukke nie. Karma was nie op die bus nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

RENAULT

Scenic 1.4 Authentique MPV
2002
R 71,200.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 69,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.4 Trendline 5-dr MY05
2007
R 109,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.