25 beseer toe Translux-bus rol
2012-01-24 11:04
Kaapstad – Altesaam 25 is beseer in 'n busongeluk op die N9, sowat 10 km buite Graaff-Reinet op pad na Aberdeen in die Oos-Kaap.
Tsepo Machaea, ‘n woordvoerder vir Arrive Alive, sê die busbestuurder is onder die beseerdes.
Al die beseerdes is in die Midlands-hospitaal op Graaff-Reinet opgeneem.
Machaea sê dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar die bestuurder het vermoedelik beheer oor die Translux-bus verloor, waarna dit omgeslaan het, het RSG berig.
Volg Nuus24 op Twitter