24 dakloos ná brand
2010-04-05 12:34
Johannesburg - Sowat 24 mense is dakloos gelaat ná hul plakkershutte in die Taiwan-informele nedersetting in Khayelitsha aan die brand geslaan het.
Wilfred Solomons-Johannes, woordvoerder van Kaapstad-rampbestuur, het in 'n verklaring gesê die ses plakkershutte het Sondagaand afgebrand, maar niemand is beseer nie.
Hy het gesê rampverligting sal Maandag aan die gesinne verskaf word.
Die brand is minute later in bedwang gebring en geen ander plakkershutte is beskadig nie.
– Sapa