21 seuns by inisiasieskool gered
2011-06-21 10:50
Oos-Kaap – Meer as 20 seuns is by 'n onwettige inisiasieskool naby Port St. Johns in die Oos-Kaap gered, het die polisie Dinsdag gesê.
Kapt. Mduduzi Godlwana het gesê die 21 seuns, tussen die ouderdomme van 13 en 15, is Maandag verwyder nadat 'n hoofman die skool verkla het.
Die kinders is almal in 'n plaaslike hospitaal opgeneem.
Godlwana het gesê niemand is in hegtenis geneem nie, maar die polisie ondersoek 'n saak wat verband hou met onwettige besnyding.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA