21 beseer toe taxi en vragmotor bots
2010-07-29 03:51
Johannesburg – Minstens 21 mense is Woensdagoggend tydens ‘n ongeluk in Edendale, Pietermaritzburg, beseer, sê paramedici.
Volgens ER24 het ‘n taxi en ‘n vragmotor gebots. Die bestuurder van die taxi het toe beheer van die voertuig verloor en ‘n ander voertuig ook getref.
“Een persoon is in ‘n kritieke toestand en sewe ander is ernstig beseer. Al 21 beseerdes sal na ‘n nabygeleë hospitaal geneem word vir behandeling,” het Derrick Banks, ER24-woordvoerder, gesê.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA