2010-'fees der feeste' begin

2009-11-30 06:35
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad - Dié week draai die aarde hier om die Fifa-sokkerbal met wêreldsokkersterre, die invloedrykste sokkerbase en die blinkste in die blieng-kringe wat hier is vir die sokkerloting.

Watter fees der feeste dit beloof, was gisteraand reeds duidelik met Heerengracht en Adderleystraat wat gewemel het van gesinne, gaste van die Kaapse stadsraad en internasionale en plaaslike media.

Hulle het gedans, karnaval gehou, modes bekyk en die skouspel met die aanskakeling van die feesligte geniet. En dit is net die begin. Vandeesweek trek die Moederstad haar partytjierok aan, want baie belangrike mense is op pad.

Die besoekers sluit in sokkerlegendes, sterre, internasionale politici en die Fifa-familie.

Die Brasiliaan Pele, sir Bobby Charlton, wat in 1966 in die Engelse wêreldkampioenspan was, en Franz Beckenbauer van Duitsland is van die legendes wie se name in die oor gefluister word.

Die sokkersuperster David Beckham sal glo net vinnig vir 24 uur hier wees. Sy Kaapse draai is spesiaal om te kom flikflooi sodat Engeland die Wêreldbeker-toernooi in 2018 kan aanbied.

Cristiano Ronaldo, verlede jaar se Fifa-wêreldsokkerspeler van die jaar, en die Argentynse sensasie Lionel Messi kom ook.

’n Geskatte 150 miljoen mense van oor die wêreld heen gaan Vrydag na die regstreekse televisie-uitsending van die finale loting kyk wat vanaf die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) uitgesaai gaan word.

Sterre soos Charlize Theron en die Grammy-wenner Angélique Kidjo gaan daar wees. Die loting is om 19:00, met ’n spoggerige verwelkomingsparty voor die tyd.

Die twaalf uur lange straatfees Vrydag in Langstraat gaan ’n groot partytjie wees, waar die loting met ’n direkte verbinding met die Kiks uitgesaai gaan word. Sowat 15 000 plaaslike partytjiegangers en oorsese besoekers word tussen 12:00 en middernag verwag. Tafelberg gaan Vrydagaand tot middernag belig word sodat dié natuur-ikoon ook haar regmatige plek op die wêreldverhoog kry.

Maar eers is dit ernstige sake met ’n buitengewone vergadering wat deur die Fifa-president, Sepp Blatter, byeengeroep is vir Woensdag. Daar is ook ’n vergadering Donderdag op Robbeneiland waar sokkerkwessies bespreek gaan word.

Dan Plato, burgemeester, het gisteraand by die feesliggie-vieringe gesê dit is in Kaapstad se belang dat al die sterre wat hierheen kom só ’n goeie ontvangs kry dat hulle teruggaan en ambassadeurs vir die stad word.

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  sokker

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Oki sê... Ek wonder of swartes siele het? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.