20 taxis geskut op M1-snelweg
2010-10-01 12:35
Johannesburg - Twintig taxi's is Vrydagoggend op die M1-snelweg naby Sandton, Johannesburg, geskut en drie is onpadwaardig verklaar, het die metropolisie gesê.
Drie van die taxis is van die pad gehaal nadat hulle nie die padwaardigheidtoets kon slaag nie, het supt. Wayne Minnaar gesê.
Dit was deel van die nasionale plan om ‘n miljoen voertuie per maand van die pad te trek en te toets.
Die toetse is tussen 08:00 en 09:00 uitgevoer.
Minnaar het gesê die polisie is nog nie klaar gewerk vir die dag nie en sal nóg toetse in die middag uitvoer.
- Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA