20 ongelukke binne 15 uur in Gauteng

2011-08-29 09:06
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Nooddienswerkers in Gauteng moes die naweek bontstaan weens talle ongelukke in die provinsie.

André Visser, ’n woordvoerder van ER24, het gesê sowat 20 ernstige ongelukke is die naweek binne 15 uur aangemeld.

“Nooddienswerkers het hul hande behoorlik vol gehad,” het hy gesê.

Die meeste ongelukke het tussen Vrydag 17:00 en Saterdag 08:00 gebeur.

In Johannesburg, aan die Oos- en Wes-Rand is 2 mense in 6 ongelukke dood terwyl 22 mense beseer is.

Minstens 8 mense is in 7 botsings in Pretoria dood terwyl 16 beseer is.

In een van die grusaamste botsings is drie mense dood en een ernstig beseer nadat die bestuurder van ’n Volkswagen
Polo Sondagoggend in Garst- fonteinweg, in die ooste van Pretoria, in ’n boom vasgery het.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het gesê die bestuurder van dié motor het vermoedelik aan die slaap geraak, waarna hy beheer daaroor verloor en dit in die boom vasgejaag het.

Die bestuurder, ’n 23-jarige man en twee passasiers, van onderskeidelik 24 en 25 jaar oud, is op die toneel dood terwyl nog ’n man (18) na die ­Steve Biko-hospitaal in Pretoria geneem is.

Nóg twee mans is Sondagmiddag dood en ’n man beseer toe hulle in Zambesirylaan, in die noorde van Pretoria, glo voor ’n vragmotor ingery het, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Wicks het gesê in ander botsings die naweek is ’n man Sondagoggend dood en ’n paartjie beseer ná ’n botsing reg van voor op die N1-snelweg naby die N4-oos-afrit.

Nog 2 mense is Saterdag dood en 12 is beseer in 4 afsonderlike botsings op die Bronkhorstspruitpad buite Pretoria, op die N14-hoofweg naby die R55-afrit, Pretoria-Noord en Centurion.

In Noordwes is drie mans in twee verskillende ongelukke op die R24-roete en die N4-hoofweg buite Rustenburg beseer.

’n Motorfietsryer (36) is Sondagoggend 11:30 ernstig beseer in ’n ongeluk op die R615 buite Brits.

Hy was besig om ’n Toyota Corolla verby te steek toe die motor gedraai en die motorfiets daarin vasgejaag het.

Die insittendes in die motor is nie beseer nie, maar die motorfietsryer is met ernstige kopbeserings na ’n hospitaal in Brits geneem.

Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: padongelukke  |  ongelukke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Daizy sê... Ek ook Tommy dan verstaan ek nie die soort van ongelukke nie. Karma was nie op die bus nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.