2 vas ná hulle glo meisie (14) verkrag
2010-04-04 23:20
Johannesburg - Twee mans is in hegtenis geneem ná hulle 'n 14-jarige meisie in Zola, Soweto verkrag het, het die polisie gesê.
Die meisie was Saterdagaand omstreeks 20:00 op pad huis toe, toe sy deur vier mans ontvoer is.
Sy is toe na 'n plakkershut geneem, waar sy verkrag is, het insp. Kay Makubela Sondag gesê.
Die meisie het met behulp van 'n familielid die saak by die polisie aangemeld.
"Sy het ons na 'n plakkershut geneem, waar ons twee van die verdagtes gevind het," het Makubela gesê.
Die twee verdagtes, 20 en 26, is 02:00 in hegtenis geneem.
– Sapa