2 sterf, 2 beseer in KSD ongeluk
2010-01-21 14:48
Kaapstad – Twee mense is dood en twee ander is beseer toe ‘n voertuig in Tokai in Kaapstad verongeluk het, het plaaslike paramedici gesê.
Tristan Wadeley, woordvoerder vir ER24, sê die ongeluk het op Kedalpad plaasgevind.
“Twee vroue wat agter in die voertuig was, het uit die voertuig geval. Een het matige beserings opgedoen terwyl die ander ernstig beseer is. Twee mans, wat voor in die voertuig was, was reeds dood toe ons op die toneel opdaag,” het Wadeley.
Die mans was glo in die voertuig vasgekeer. Die twee vroue is na 'n hospitaal geneem vir behandeling.
- Sapa