2 sterf, 1 beseer in Soweto
2009-11-03 10:39
Johannesburg – Twee vroue is vermoor en een is ernstig aangerand in aanvalle gisteraand in Soweto, het polisie van Johannesburg Dinsdag gesê.
‘n Vrou van 40 was die slagoffer van ten minste 13 koeëls wat na ‘n voertuig gevuur is waarin sy en haar kêrel Maandagaand in Zondi gesit het, het insp. Kay Makhubele gesê.
Die vrou is oorlede, maar haar kêrel is nie beseer nie.
In Dobsonville is ‘n 31-jarige vrou deur haar kêrel in sy huis vermoor. Die man is in hegtenis geneem en sal binnekort in die Roodepoort landdroshof verskyn.
‘n 22-jarige vrou is ook in Mofolo ernstig aangerand deur haar voormalige kêrel, wat haar ontvoer het.
Hy is in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn.
- Sapa