2 geskiet by kuierplek
2009-09-18 11:37
Johannesburg- ‘n 60-jarige sekuriteitswag is Vrydag dood en twee ander wagte beseer tydens ‘n mislukte rooftog by ‘n kuierplek in Mtatha, sê polisie in die Oos-Kaap.
Volgens supt. Mzukisi Fatyela, polisiewoordvoerder, het 13 mans probeer om die kuierplek omstreeks 02:00 binne te gaan. Hulle met die intrapslag op die sekuriteitswagte begin skiet.
Die polisie het 19 doppies van ‘n 9mm pistool op die toneel gevind.
“Dit bewys dat hulle wou moor,” het Fatyela gesê. Die mans het van die toneel gevlug na die skietery.
Twee van die sekuriteitswagte is in ‘n kritieke toestand in die Nelson Mandela Akademiese-hospitaal.
Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie.
–Sapa