2 Meisies ly erg ná operasies in Potch

2010-07-07 08:33
Tweets Share Share line Print

Beeld

Potchefstroom. – ’n Negejarige meisie van die stad moet nou ’n kolostomiesakkie dra weens die nalatigheid van ’n chirurg wat haar blindederm einde verlede jaar in die plaaslike staatshospitaal verwyder het.

Thokozile Laat het intussen van ’n aktiewe kind wat graag speel in ’n pynlik selfbewuste meisie verander wat nie meer wil skoolgaan nie, het haar 15-jarige sussie, Anastacia, vertel.

“Sy sê sy voel anders as die ander kinders en wil nie meer met hulle speel nie.”

Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die Noordwes-gesondheidsdepartement, het Dinsdag gesê die chirurg wat Thokozile geopereer het, is intussen weens sy nalatigheid van die mediese rol geskrap. “Ons mag nie nou sy naam bekend maak nie omdat hy geappelleer het.”

Nog ’n Potchefstroomse ouerpaar oorweeg regstappe teen die Potchefstroom-hospitaal nadat hul tweejarige dogtertjie, Chereeze Mathyse, breinskade opgedoen het toe haar mangels in Januarie vanjaar uitgehaal is.

“Ek kan nie beskryf hoe ek voel nie,” het Chereeze se ma, Charmaine Mathyse van Promosa, vertel.

“Chereeze is direk na die hoësorgeenheid toe sy klaar geopereer is. Hulle het vir my gesê die suurstofpyp het gebuig terwyl sy in die teater was. Die dokter het toe glo, nadat die narkotiseur hom daarop gewys het, gesê hulle moet hom net ’n paar minute gee, want hy is amper klaar.”

Mathyse se eens woelige kleuter wat al volsinne gepraat het, kan nou nie loop, regop sit of self eet nie en sê net enkele woordjies. Volgens Mathyse was Chereeze ook blind ná die operasie, maar het sy danksy intensiewe terapie intussen weer begin sien.

“Ons is nog nie seker in hoe ’n mate sy sal herstel nie,” het Mathyse vertel.

Lekgethwane het bevestig Chereeze het waarskynlik breinskade opgedoen weens ’n suurstoftekort omdat daar probleme met die suurstofpyp in haar keel was. Hy wou nie meer oor haar geval uitbrei nie omdat die gesin regstappe oorweeg.

Personeel by die Potchefstroom-hospitaal het volgens Thokozile se familie van die meisie verwag om haarself skoon te maak nadat sy die kolostomiesakkie gekry het.

Betty Laat, Thokozile se ma, het gesê nie hulle of Thokozile is touwys gemaak om die kolostomiesakkie skoon te maak en te ruil nie.

Hulle kry glo ook nie genoeg sakkies van die hospitaal om Thokozile tuis te versorg nie en moet dit nou uit hul eie sak koop.

Die gesin het dit nie breed nie en woon in ’n sinkhuisie buite die dorp.

Die Laats is ook omgekrap omdat daar glo nooit aan hulle verduidelik is hoekom ’n kolostomie op Thokozile gedoen moes word nie.

Sy is in November verlede jaar in die Potchefstroom-hospitaal opgeneem nadat sy begin braak het. Haar blindederm is toe verwyder.

Volgens Lekgethwane wys hospitaalrekords Thokozile se ma is wel gewys hoe om die kolostomiesakkies te versorg en te verwyder.

“Die kolostomie is tydelik om haar te help om van afvalstowwe ontslae te raak,” het Lekgethwane gesê. 

- Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: hospitaal

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Baas sê... Kyk, dis dalk nie na almal se smaak nie, maar Lolly het rerig n empire uit niks gebou nie Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2002
R 49,995.00

MINI

Cooper Hatch R56 1.6 3-dr
2008
R 149,900.00

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY96
1999
R 65,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.