18 skole het 0% slaagsyfer
2010-01-07 23:36
Johannesburg - Agttien skole, nege van hulle in Limpopo, het ’n nul persent matriekslaagsyfer ontvang.
Volgens syfers voorsien deur die basiese onderwys department het vier skole in KwaZulu-Natal, drie in die Oos-Kaap, een in die Noordwes en een in Gauteng, geen suksesvolle kandidate gehad nie.
Volgens Angie Motskega,die minister van basiese onderwys, sal planne by skole wat nie presteer nie, opgeskerp word om te verseker dat vanjaar se matriekuitslae 'n verbetering toon.
Die algehele matriekslaagsyfer vir 2009 was 60.7%, laer as 2008 toe dit 62.5% en 65.2% in 2007 was.
- Sapa