18 kinders in De Deur-ongeluk beseer
2012-02-08 17:02
Johannesburg – Altesaam 18 skoolkinders is beseer toe hul minibus-taxi deur ‘n bakkie in De Deur, suid van Johannesburg, getref is, het paramedici gesê.
“Die 18 kinders, almal tussen die ouderdom van sewe en tien... het ligte tot matige beserings opgedoen...” het Vanessa Jackson, ‘n woordvoerder vir ER24, gesê.
Jackson sê paramedici het al die kinders op die toneel behandel.
Sy sê die ongeluk het Woensdagoggend gebeur toe die bakkie teen die kant van die taxi gebots het.
Die taxibestuurder en die bakkie se twee insittendes is ook beseer.
Die kinders en drie volwassenes is na verskeie hospitale geneem.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA