18-jarige seun verdrink
2009-10-19 21:01
Durban – Polisiebeamptes is steeds onverpoosd besig om te soek na die liggaam van ‘n 18-jarige seun wie vermoedelik by Durban se South Beach in KwaZulu-Natal verdrink het.
Nkosinathi Khumalo, was saam met sy skool op ‘n uitstappie toe die voorval plaasgevind het.
“Die polisie se seereddingseenheid soek sedert Saterdagoggend na Khumalo,” het kapt. Khephu Ndlovu gesê.
Khumalo was ‘n gr. 12-leerder verbonde aan ‘n hoërskool in Pietermaritzburg.
“Op die oomblik het ons nog niks gevind nie, maar polisiebeamptes soek steeds na hom.”
- Sapa