18 honde van kant gemaak ná kleuter sterf
2011-06-29 16:04
Kaapstad – Die dierebeskermingsvereniging (DBV) het 18 honde in die Kaapse township Nyanga van kant gemaak nadat 'n driejarige seun aangeval is, berig eNews.
Die seun is Dinsdag deur honde verskeur in Sweet Farm, Nyanga, het die polisie in Kaapstad gesê.
Volgens lt. kol. André Traut het die kind buite sy huis gespeel toe hy deur die honde aangeval is, is vroeër berig.
Geen verdere besonderhede is bekend nie.
– Volg Nuus24 op Twitter