18 beseer in taxi-ongeluk in PMB
2012-01-17 11:01
Johannesburg – Agttien mense, waaronder nege skoolkinders, is Dinsdag beseer toe die taxi waarin hulle gery het in Edendale, Pietermaritzburg, omgeslaan het, het paramedici gesê.
Die blyk of die ongeluk, wat omstreeks 07:00 in die Azalia-informele nedersetting plaasgevind het, deur meganiese probleme veroorsaak is, het Derrick Banks van ER24 gesê.
Volgens Banks het vier mense ernstige beserings opgedoen en die res, insluitende die kinders, het ligte beserings opgedoen.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA