18 beseer in ongeluk
2010-03-01 10:04
Durban - Agtien mense is beseer in 'n ongeluk waarin twee motors en 'n taxi betrokke was op die M4 in Durban, het paramedici Maandag gesê.
"Twee motors en 'n taxi was in die botsing betrokke. Twee passasiers in een van die motors en 'n passasier in die taxi het ernstige beserings opgedoen," het Derrick Banks, 'n woordvoerder van ER24, gesê.
"Vyftien beseerdes uit die taxi, waaronder die bestuurder, is vir ligte beserings behandel," het hy gesê.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
– Sapa