17 beseer in motorongeluk
2010-06-28 11:00
Johannesburg – Altesaam 17 mense is beseer toe die minibustaxi waarin hulle gery het in ‘n kop-aan-kop botsing met ‘n motor betrokke was.
Die ongeluk het Maandagoggend op die R114 in Diepsloot gebeur, het die Johannesburgse nooddienste gesê.
Volgens Percy Morokane, woordvoerder, is drie mense, insluitende die bestuurder van doe VW Polo, in ‘n kritieke toestand.
Tien ander is ernstig beseer terwyl vier mense ligte beserings opgedoen het.
Die beseerdes is almal na nabygeleë hospitale geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
- Sapa
- Volg Nuus24 op Twitter.