17 260 swanger skoolmeisies in KZN
2011-03-10 18:00
Pietermaritzburg – Nie minder nie as 17 260 swangerskappe is in 2010 in skole in KwaZulu-Natal aangemeld, het die provinsiale departement van onderwys Donderdag bekend gemaak.
“Daar is een skool in Zululand waar 60 leerlinge swanger geraak het in een enkele jaar. Dit is nie iets wat jy met jou skool geassosieer wil hê nie,” het Senzo Mchunu, LUR vir onderwys, tydens ‘n mediakonferensie gesê.
Mchunu het met die media gepraat nadat die polisie klopjagte uitgevoer het by verskeie skole in Pietermaritzburg.
“Ons verklaar oorlog teen dwelms, die onwettige besit van wapens en tienerswangerskappe,” het Mchunu gesê.
In die Obonjeni-distrik, in die noorde van KwaZulu-Natal, is sowat 2029 swangerskappe aangeteken.
Die Hoërskool Jolwayo aan die suidkus het, volgens regeringsverslae, 83 swangerskappe in 2010 gehad.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA