16 honde vergiftig

2010-04-13 06:31
Tweets Share Share line Print

Jody Nel en Johan Brits, Beeld

’n Gesin van Randfontein is erg geskok nadat hul drie troetelhonde oor die naweek vergiftig is, en naby Parys kry ’n diereliefhebber sielkundige behandeling nadat elf van haar honde dood is.

Willem Post (41) van Parkstraat, Randfontein, het Maandag gesê nie hy, sy vrou of sy twee kinders het ’n oog toegemaak sedert hul twee worshonde, Ore en Duppy (albei vier jaar oud), en Sascha (8 maande), ’n kruising tussen ’n Duitse herdershond en ’n chow, Saterdag dood is nie.

Hy vermoed drie seuns het die honde Saterdagoggend omstreeks 06:00 brood met gif ingegee. Sy buurvrou het gesien hoe die seuns die honde nader roep en brood voer.

Post het die honde omstreeks 07:30 op die erf gesien en dit het nie gelyk of iets met hulle skort nie. Skaars 20 minute later is Ore en Duppy albei dood.

Skuim het by Sascha se bek uitgekom, maar sy het nog geleef. Post het met haar na ’n veearts in Greenhills gejaag, maar dit was te laat om haar lewe te red.

Die veearts het al drie honde begrawe.

’n Ontstoke Post kan nie glo mense kan so ongevoelig wees as om onskuldige diere sonder rede te vergiftig nie.

“Hulle is my kinders. Hulle is my kinders se kinders,” het Post oor die honde gesê.

Op die plaas Tweespruit buite Parys is 13 honde en ’n kat vergiftig, vermoedelik deur motordiewe.

Daar was soveel gif in die vergiftigde vleis dat van die honde se bekke begin bloei het.

In ’n oogwink het die diere een vir een dood neergeslaan, vertel Antoinette Rens (50). “Dit was so onmenslik. Ek kry nou sielkundige behandeling,” het Rens gesê terwyl trane oor haar wange geloop het.

Rens sê 11 van die dooie honde was yorkshire-terriërs, een ’n jack russell en die ander een ’n tibet-terrier. Al die honde slaap in die plaashuis.

Die kat was die bure s’n.

Toe Fanie van Tonder, Rens se lewensmaat in sy voertuig wou klim om die polisie te ontbied, het hy agtergekom sy Ford Bantam is gesteel.

-Beeld

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nee Simon - kyk nou net hoeveel geduld het hulle aan die dag gele met Joelsie, Cele, Selebi, Mdluli, Shaik en en en... ek het nie lus om al die name te tik vir wie hulle oneindig geduld gehad het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.