16 beseer ná taxi teen boom bots
2011-10-31 12:05
Johannesburg – Sestien mense, waarvan minstens twee ernstig, is beseer nadat die taxi waarin hulle gery het naby Mokopane in Limpopo teen 'n boom gebots het, het paramedici gesê.
Die taxibestuurder het omstreeks 07:00 op die N1 beheer oor die voertuig verloor, het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare, gesê.
Van die passasiers is uit die taxi geslinger toe dit die pad verlaat en teen 'n boom gebots het.
Die beseerdes is na die Mokopane-hospitaal geneem.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA