15 lede moet nuwe TV-stelsel deurvoer

2010-08-23 08:16
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Raad is aangestel om toe te sien dat Suid-Afrika teen middel 2015 ten volle van analoog- na digitale TV-uitsendings oorgeskakel sal wees.

Die minister van kommunikasie het Vrydag die 15 lede van die nuwe Digital Dzonga-adviesraad, wat dié proses moet bestuur, bekend gestel.

Genl. Siphiwe Nyanda het by die bekendstelling in Hatfield, Pretoria, gesê dié 15 lede sal as raadgewers onder die minister dien om die ingewikkelde proses van Suid-Afrika se migrasie van analoog-uitsaaidienste na nuwe digitale tegnologie bekend as digitale terrestriële televisie (DTT) te bestuur.

“Dié adviesraad het ’n groot taak om te verrig en hulle sal baie verantwoordelikheid dra, maar ons is vol vertroue dat hulle die oorskakeling seepglad sal laat verloop,” het Nyanda gesê.

Prof. Mamokgethi Setati, uitvoerende dekaan van die departement wetenskap, ingenieurswese en tegnologie aan Unisa, is as voorsitter van die adviesraad aangewys.

Ruddy Rashama, uitvoerende direkteur van Khemano Productions, wat by die Afrika-unie se DTT-proewe betrokke was, is die ondervoorsitter.

Die 15 lede van Digital Dzonga is gekies uit sowat 51 benoemdes uit ’n verskeidenheid van agtergronde – insluitend regulering, seinverspreiding, uitsending, die reg, verbruikersgroepe en die regering.

’n Paneel onder leiding van Dina Pule, adjunkminister van kommunikasie, het al die benoemdes oorweeg en onderhoude met hulle gevoer.

Nyanda het gesê die adviesraad sal blitsig aan die werk moet spring.

“Hulle gaan aan die diep kant ingegooi word, want daar is baie werk om te doen, maar ons het vertroue in hulle,” het Nyanda gesê.

Dr. Harold Wesso, waarnemende direkteur-generaal van kommunikasie, het gesê die kabinet het in Februarie 2007 besluit Suid-Afrika moet teen 17 Junie 2015 na ’n digitale uitsaaistelsel oorgeskakel wees.

“Dié datum is deur die unie vir internasionale telekommunikasie (ITU) voorgeskryf as die datum wanneer analoog-uitsendings afgeskakel behoort te word,” het Wesso gesê.

“Ons het die doelwit gestel om reeds teen November volgende jaar alle analoog-seine af te skakel en die nuwe digitale seine te aktiveer.

“Ons glo steeds dit is ’n realistiese doelwit.”

Die nuwe DTT-stelsel sal vereis dat alle TV-kykers landwyd ’n dekodeerder, waarvan die prys nog onbekend is, sal moet aanskaf om digitale uitsendings te kan ontvang.

Wesso het gesê die regering gaan 5 miljoen arm gesinne identifiseer wat van gratis dekodeerders voorsien sal word en
R400 miljoen is hiervoor begroot.

- Beeld

Lees meer oor: televisie

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nee Simon - kyk nou net hoeveel geduld het hulle aan die dag gele met Joelsie, Cele, Selebi, Mdluli, Shaik en en en... ek het nie lus om al die name te tik vir wie hulle oneindig geduld gehad het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.