15 in hospitaal ná brand by hof
2009-10-05 15:46
Johannesburg - Minstens 15 mense, waaronder gevangenes, is gehospitaliseer nadat 'n brand by die Pretoria-landdroshof uitgebreek het.
Werner Vermaak, 'n woordvoerder van ER24, het gesê die polisie het van die ambulanse na die hospitaal vergesel.
"15 mense was in die brandende gebou vasgekeer. Vyf mense is aanvanklik uit gebring en is vir rookinaseming na 'n hospitaal geneem.
Tien ander mense is later uitgebring.
Vermaak het gesê die brand is in bedwang gebring en niemand anders was in die gebou nie.
Brandweerpersoneel is besig om die toneel op te ruim.
Die brand het in 'n ondergrondse stoorkamer begin.
Die Pretoriase polisie was nie onmiddelik beskikbaar vir kommentaar nie.
– Sapa
– Was jy op die toneel? Stuur vir ons jou foto's