15 honde dood van gif

2009-07-22 08:33
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

André Damons

Altesame 15 van hul honde is gisteroggend deur inwoners van Princessweg in Claremont, Johannesburg, dood gevind.

Al die troeteldiere is in die vroeë oggendure vergiftig, vermoedelik deur iemand wat by twee motors in die straat ingebreek het.

Me. Chrissie Vermaak (52), het eerste bewus geword van die slagting en die vergiftiging as barbaars en wreed beskryf.

By Beeld se besoek aan die toneel het tien van die honde dood op die sypaadjie gelê.

Me. Charlene Willemse (37) se drie Jack Russells en haar Duitse herdershond is ook vergiftig. “Dit is baie hartseer en ’n groot skok. Honde is mos maar soos jou kinders,” het sy gister gesê.

Me. Leatetea Beyers (27) het gesê die honde moes voor 04:00 vergiftig gewees het.

“Ek was 03:00 buite; toe het die honde nog gelewe. Dit moes daarna gebeur het. Ons het nog gesien hoe een van die honde vanoggend (gisteroggend) doodgaan. Dit is nie lekker om so iets te sien nie,” het sy gesê.

Volgens haar is daar met die hond na die Dierebeskermingsvereniging in Maraisburg, Roodepoort, gejaag, maar daar was nie veeartse nie. Op pad na ’n ander veearts is die hond dood.

Daar is by twee motors in die straat ingebreek en die radio’s is gesteel.

Mnr. Alpheus Molele, wat ook in die straat woon, het ’n man gejaag toe hy hom met ’n radio gesien loop het, het sy vrou, me. Mariam Mokoke, gesê. “Omstreeks 03:30 het my man voetstappe buite gehoor en deur die venster gekyk en die man gesien. Hy het uitgehardloop en agter die man aangehardloop. Ek het gewonder hoekom die honde so stil is,” het Mokoke gesê.

Mnr. William Botha woon in dieselfde straat en vermoed die wit poeier wat hy in sy erf gevind het, is die gif wat gebruik is om die honde te vergiftig. Hy is bly sy twee hondjies slaap in die huis, het hy gesê.

Me. Yvonne Stones van die DBV in Roodepoort het gesê die hond is weggewys omdat hul veearts eers 07:30 op kantoor kom. Daar was een inspekteur by die kliniek, maar dié persoon kan glo nie sonder ’n veearts met medisyne werk nie.

Die mense was voor 07:00 by die DBV-kantore.

“Die veiligheidswagte het die mense na ’n dierekliniek sowat tien minute weg verwys, want hulle het gevrees die hond kan doodgaan as hulle vir die veearts moet wag,” het sy gesê.

Kapt. Frans Langeveldt, polisiewoordvoerder, kon nie gister die voorval bevestig nie.

Lees meer oor: misdaad  |  dieremishandeling

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Ja nee Simon - kyk nou net hoeveel geduld het hulle aan die dag gele met Joelsie, Cele, Selebi, Mdluli, Shaik en en en... ek het nie lus om al die name te tik vir wie hulle oneindig geduld gehad het nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Astra Classic 1.8 CDE AC
2007
R 129,995.00

NISSAN

Hardbody 3200 D-Cab SE Dsl
2003
R 101,400.00

BMW

Z3 3.2 M Coupe
2003
R 279,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.