Taxi-ongeluk: Vyftien beseer
2010-09-13 14:11
Kaapstad – Vyftien mense is beseer toe ‘n taxi en ‘n motor Maandag by die kruising van Kloof en Townsend-strate in Bedfordview gebots het, het Chris Botha van Netcare 911 gesê.
Die taxi het glo met ‘n Toyota gebots, waarna dit beheer verloor, deur ‘n veld gejaag en teen ‘n heining vasgebots het.
Vyf van die insittendes het ernstige beserings opgedoen, terwyl 10 met ligte beserings weggekom het.
Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer, waarna hulle na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling.
- Nuus24
Volg Nuus24 op Twitter