13 lyke gevind ná brug meegee
2012-12-11 17:50
Johannesburg – Reddingswerkers het 13 lyke, insluitend dié van 'n tweejarige, in 'n rivier in Ermelo gevind nadat 'n brug meegegee het, het die eNCA-kanaal berig.
Volgens die nuuskanaal het drie motors en 'n taxi in die rivier geval. Die taxi het volgens die berig 13 mense vervoer.
'n Sloot het op die pad ingeval nadat vloedwater 'n deel onder die teer weggekalwe het. Verskeie mense is ernstig beseer en in die provinsiale hospitaal op Ermelo opgeneem. 'n Soektog na nog moontlike slagoffers word voortgesit, het RSG berig.
Die brug wat meegegee het, verbind Ermelo met Lothair.
Joseph Mabuza, ‘n woordvoerder van Mpumalanga se departement van gemeenskapsveiligheid, het vroeër gesê motoriste moet die R33, N17 en die Ermelo/Mpuluzi-pad gebruik, omdat die R65 steeds weens die ongeluk gesluit is.
Dit is nie bekend hoeveel mense nog vermis word nie.
– Volg Nuus24 op Twitter