13 beseer ná taxi op pad na kerkdiens rol
2012-02-04 11:45
Noordwes – Dertien mense is beseer in 'n taxi-ongeluk naby Potchefstroom in die Noordwes, het paramedici Saterdag gesê.
Twee is in 'n kritieke toestand, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare, gesê.
Die ander beseerdes is op die toneel gestabiliseer voor hulle na 'n hospitaal geneem is.
"Die taxi het 'n groep mense na 'n kerkdiens vervoer toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en die voertuig gerol het," het Botha gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA